Dankie vir jou awesome fotos en al jou tyd wat jy in gesit het om ons verlowing shoot so special te maak. Kelly-Jane is n fotograaf wat jou gemaklik laat pose soos n superster. Ek was nog nooit in my lewe vir n shoot nie en was so senuweeagtig. Van die eerste foto tot die laaste foto was ek op my gemak en gepose soos n celebrity. Ek kan nie wag vir die troue sodat sy ons spesiale dag kan vasvang want nou is ek gekonfyt in die storie te danke aan haar. Kelly-Jane is jou tipiese fotograaf wat jy wil he vir enige fotosessie van verlowing tot verjaarsdae, doop jou troeteldiere enige iets sy kan dit doen en sy kan dit goed doen. Ek kan nou al sien hoe sy ons eersteling se fotos ook neem en dit sal mooier wees as ooit. Graag wil ek jou bedank uit my hart vir al jou moeite, tyd en omgee wat jy in elke foto sit. Jou passie straal deur jou en so ook in elke foto. Baie dankie, jy is sowaar ‘n fotograaf in murg en been.