Ek het Salt and light photography genader vir my dogter se eerste verjaarsdag shoot. Watter goeie ervaring was dit nie! Kelly was uitstekend met haar en ek kon dadelik sien sy was gemaklik. Maak nie saak hoe moeilik my dogtertjie geraak het nie sy het net geweet hoe om met haar te werk sodat sy die regte foto op die regte oomblik kon neem. Die fotos is pragtig en sulke goeie kwaliteit. Alles het so goed gegaan dat ek haar weer die 6de September 2020 gaan gebruik vir my dogter se 2de verjaarsdag. Soos hulle se “n foto is veraltyd weer’’ en met die pragtige fotos sal ek elke oomblik weer kan herleef!
Dankie Kelly en bly so vriendelike en aangename mensie wat jy is!